Bookmark : https://www.wellingtonwines.com/news/wellington-quest-for-the-best-top-tien-2015/?id=9&entryId=29
Skip to : [Content] [Navigation]

Newsletter Sign-up






Back to News

Wellington Quest for the Best Top Tien 2015

Wellington Quest for the Best Top Tien 2015

Die sesde jaarlikse Mutual & Federal Agri Wellington Wynroete Quest for the Best is Donderdag 30 Julie, tydens ‘n spogmiddagete by die Au’ de Hex Boetiekhotel in Wellington aangebied.

Wat is Quest for the Best?

Quest for the Best is uniek deur Wellington ontwikkel met die doel om juis die besonderse kwaliteit en diversiteit van Wyne van Oorsprong Wellington te vier en aan die publiek ten toon te stel.

Beoordeling

Tydens die beoordeling op 17 Julie 2015 is 67 wyne vanaf 11 Wellingtonse produsente deur vyf top sommelier-beoordelaars blind geproe en volgens ‘n beproefde puntestelsel beoordeel.

Die beoordelaars is:

  • Gregory Mutambe – hoof-sommelier Twelve Apostles Hotel
  • Kent Scheermeyer – gasvryheidskonsultant
  • David Clarke – voorheen voorsitter van die Australiese Sommelier Assosiasie, Ex Animo Wine Logistics
  • Joakim Blackadder – groep Sommelier by The Hoghouse Brewing Company
  • Higgo Jacobs (sameroeper) -sommelier en wynkonsultant

Die 2015 Quest for the Best top 10 wyne van Wellington is:

  • Bosman Family Vineyards – Bosman Cabernet Sauvignon 2008
  • D Retief & Seun – Welvanpas Pinotage 2012
  • Diemersfontein Wines – Diemersfontein Reserve Collection Malbec 2013
  • Diemersfontein Wines – Diemersfontein Summer’s Lease 2013
  • Diemersfontein Wines – Diemersfontein Black Berry Cabernet Sauvignon 2013
  • Dunstone Wines  - Dunstone Shiraz 2013
  • Wellington Wines – La Cave MCC 2011
  • Wellington Wines – La Cave Cape Blend 2013
  • Wellington Wines – La Cave Pinotage 2014
  • Wellington Wines – La Cave Chenin Blanc 2014

Wellington Wyne het uitsonderlik gevaar met vier wyne onder die top tien; Diemersfontein het kort op hul hakke gevolg met drie. Dunstone se Shiraz het vir die tweede agtereenvolgende jaar die top tien gehaal.

“Dit is met trots en opgewondenheid  dat ons merk  hoe die kompetisie jaarliks groei”, aldus Johan Fourie, voorsitter van die Mutual & Federal Agri Wellington Wynroete. “Quest for the Best het ‘n rol te speel in die skep van ‘n groter publieke bewustheid van ons streek. Die Wellington wynstreek se wyk afbakeninsproses is so te sê afgehandel wat verdere fokus op terrein spesifiek geproduseerde wyne sal plaas en ons in staat te stel om die unieke terroir te toonbeeld. Voorts kry ons tegniese span die inligting om ons databank te verstewig en sodoende verder op uniekhede en kwaliteite van die wyne uit te bou met die oog op die regte teikenmarkte.

Ons het besluit om 2015 se wen wyne aan die publiek beskikbaar te stel in ‘n gemengde kis aanbieding in vennootskap met Cybercellar.

Borgskap

Sedert September 2012 is Mutual & Federal Agri die trotse naamborg van die Wellington Wynroete.

Volgens Andries Wiese, groepsbestuurder van Landbou by Mutual & Federal Agri, is die vennootskap een wat gebou is op ‘n gedeelde strewe na voortreflikheid. “Mutual & Federal Agri bied al vir bykans 185 jaar aan landbouers finansiële gemoedsrus en ons verbintenis met die Wellington Wynroete is ‘n voortsetting hiervan. Dit is nodig om voortreflikheid te erken en ons is bevoorreg om deel van die Wellington Wynroete te wees.” meen Wiese.

Vir meer inligting kontak 021 864 1378 of epos wine@wellington.co.za.

Gesels saam:
Facebook
Twitter