Bookmark : https://www.wellingtonwines.com/news/jongwynskou-2013/?id=9&entryId=17
Skip to : [Content] [Navigation]

Newsletter Sign-up






Back to News

Jongwynskou 2013

Jongwynskou 2013

 

Dis een besonderse jaar vir Wellington Wines sover. Die trots loop hoog die afgelope week by die kelder  na die jaarlikse Jongwynskou toekenningsaand. En die rede? Sewe Trofee’s, agt goud, tien silver en sewe brons. Die wynmakers kon deur ‘n ring getrek word vir die geleentheid, maar hulle het meer as genoeg rede gehad om deftig te lyk met al die trofee’s wat hulle ontvang het, maar die proelokaal lyk besonders mooi met al die trofee’s wat  nou daar met trots uitgestal word. Die volgende bekers word vertoon: MOOIUITZIGWYNKELDER WISSELTROFEE  vir die ongehoute rooi kultivar versnit wyn,VINOCHEM TROFEE vir Cabernet Sauvignon( Ongehout) klaswenner in die streek, W.P.A.S(100 Leaguers Red Wine) klaswenner Nasionaal vir Cabernaet Sauvignon (Ongehout), die COASTAL WINE EXPORT TROPHY vir die klaswenner van die streek vir Merlot ( Ongehout), WORLD COOPERAGE WISSEL TROFEE, vir die klaswenner van die streek vir Shiraz ( Ongehout) en dan, THE COASTAL WINE& BRANDY CO Pty( Ltd) FLOATING TROPHY vir die nasionale klaswenner vir die Shiraz ( Ongehout)